HOME › Forums › Swap / Find Games › Sierra and South Africa / Sierra en Suid-Afrika › Reply To: Sierra and South Africa / Sierra en Suid-Afrika
(re: Sierra and South Africa / Sierra en Suid-Afrika) (To the moderators: Please put these South Africa posts into their own thread under the Other – Swap/Find Games listing. Thank you!)
Haai! Alhoewel hier slegs ‘n paar Suid-Afrikaners is wie aan die gesprekke deelneem, sal jy wel vind dat heelwat meer vir die forum ingeteken is. Ek neem dus aan hulle ontvang hierdie boodskappe deur hulle e-pos.
Ek het geen idee waar jy die Space Quest vesameling gaan opspoor nie. Ek het dit jare terug nuut by Incredible Connection gekoop. As ek dit êrens sien, sal ek jou laat weet. Michael Scanlen het my gevra om dieselfde te doen i.v.m. King’s Quest 7 (wat ek self nie het nie) en Gabriel Knight 1. Ek sê, ons moet mekaar help, né?
Ek is op soek na die Roberta Williams Anthology met al die King’s Quests, Laura Bows, al die weergawes van Mixed-up Mother Goose, asook haar ouer speletjies. Enigeen in Suid-Afrika wat kan help, moet gerus laat weet!